Meng die volgende in 'n groterige glas bottel met 'n digte skroefdeksel:
1 botteltjie LENNON Paragorie
1 botteltjie LENNON Turlington
1 botteltjie LENNON Ipekakuanhawyn
1 botteltjie LENNON Borsdruppels
1 botteltjie roulyn olie
½ bottel heuning
Meng dit deeglik totdat als in die heuning vermeng is.
Neem een dessertlepel vol soggens en saans.
Sodra jou toestand verbeter het kan jy net een keer per dag 'n dessertlepel vol neem.
Kinders van so drie tot agt jaar moet net 'n halwe dessertlepel op 'n slag neem.
Raadpleeg eers jou geneesheer voordat jy dit vir babatjies gee.
NAARHEID:
Gooi1 kanferblokkie in 2 koppies kookwater
Gooi in houer wat kan toeskroef.
Indien iemand mislik, of selfs net winderig voel, kan 'n lepel vol hiervan geneem word.
As dit baie sterk is, kan dit effe met water verdun word
Die naar gevoel is gou genoeg weg.