WAARSKUWING:

WAARSKUWING: Moet ASSEBLIEF nie die rate gebruik alvorens jy dit met 'n dokter of ten minste 'n apteker bespreek het nie. Party van die konkoksies kan onder sekere mediese omstandighede gevaarlik wees!!

Julle kan nou ook jul eie bydraes plaas onder LESERS BYDRAES.
LET WEL: Alle bydraes in Afrikaans, asseblief!

Tuesday, July 12, 2011

Lennons Gids (Inleiding)

Hierdie boekie sal handig gevind word as ‘n gids by die gebruik van Lennon se oorspronklike en egte Hollandse Medisyne. Vir meer as 100 jaar word hierdie huismiddels deur Lennon vervaardig en het die vertroue van die publiek gewen vir die behandeling van minder ernstige ongesteldhede. Aangesien hierdie middels slegs bedoel is vir gebruik by geringe kwale behoort u ‘n dokter te raadpleeg in alle gevalle van ernstige aard. 
‘n Kort uiteensetting vir die gebruik van elke middel word hierin gegee en om naslaan te vergemaklik, vind u ‘n alfabetiese lys van die mees algemene kwale met die voorgestelde middel. Die dosis aangegee mag gewysig word ooreenkomstig ouderdom en omstandighede.
Daar is baie ander gebruike vir hierdie huismiddels bekend wat deur ondervinding geleer is maar almal kan nie in hierdie kort gids opgeneem word nie. 
Gedurende siekte behoort slegs die mees doeltreffende middels gebruik te word. Die beste kwaliteit bestanddele word gebruik vir Lennon se Hollandse Medisyne en die hoogste vervaardigings-standaard word gehandhaaf.
Die oorspronklike en ware Lennon se Hollandse Medisyne is verkrygbaar van aptekers en handelaars dwarsdeur die land.

Essolin Hoes en long balsem Genees meeste keel moeilikhede en is geheel-en-al veilig vir kinders – dit bevat geen verdowingsmiddels nie. Goedgekeur en aanbeveel vir hoes as gevolg van verkoues, brongitis, heesheid en kinkhoes

Stella olie Verlig pyn veroorsaak deur rumatiek, sinkings, heupjig, rugpyn, jig, lendepyn, hoofpyn, tandpyn, verswikkings, brandplekke, sere en barsies

Scorbex – swart aalbessiesap
Voorberei van natuurlike swart aalbessiesap en suiwer suiker. Om ‘n oorvloed vitamine C te verseker, gebruik ‘Scorbex”
Op roomys – dit maak ‘n uitstekende sous
In vrugteslaai – gee dit ‘n heerlike smaak
In skemerkelkies – vir ‘n aangename en gesonde verandering
In melkskommels – spoor die kinders aan om meer melk te drink omdat dit so anders smaak
In poedings – oorgegooi as sous, voeg dit meer kleur aan menige poedings

Kalmeermiddels –Benoudheids druppels, Entressdruppels, kraamdruppels, Krampdruppels, Stuipdruppels

Karkatjie – oogsalf

Katar (neus) – kanfer, Witdulsies

Kneusplekke – sterksalf arnikatinktuur

Koliek – Balsem-vita, Benoudheidsdruppels, doepa, Jamaikagemmer, Pynstillende druppels, Wonderkroonessens, Teerolie

Koues – Antimoonwyn, Hoffmannsdruppels, Ipekakuanhawyn, Witdulsies, Vitalispoeier

Krampagtigheid –Kraamdruppels,krampdruppels,Pynstillendedruppels,Stuipdruppels, Wonderkroonessens

Krampe –Helmontskruie, Jamaikagemmer, Kamille-essens, Naeltjiesolie, Peppermentdruppels

Kroep – Antimoonwyn, Borsdruppels, Grouvomitiefpoeier, Witfomitiefpoeier, Doepa-olie

Lakseermiddels – Galpille, Helmontskruie, Obstructpille, Poligrispille, Rabarberpoeier

Lendepyne - Balsem-sulfuris, Vitalispoeier, Sterksalf

Lusteloosheid – Groen amara, Lewensessens, Maagbitters, Staaldruppels, Verstekerdruppels

Maagongesteldheid –Entressdruppels, Helmontskruie, Gesondheiddrank, jamaikagemmer, Lewensessens, maagbitters, rooilaventel, Souttinktuur

Maagwerkings – Behoedmiddel vir kinders , Kinderpoeier

Maagwind middele – Rooilaventel, Lewensessens, pepermentolie Malaria – Behoedmiddel vir kinders, jamaikagemmer, Witkinapoeier, Witdulsies

Nete – Ruitersalf

Nier en Blaas – Boegoeblare, Boegoe-essens, Balsem-Kopiva, Balsem-Sulfiris, Bezoardpoeier, Bruindulsies, Haarlemensis, koraaltinktuur,Rooipoeier.

 – Oogdruppels, oogsalf

Oorpyn – Oorpyndruppels

Pitswere en karbonkels – basilikon salf, Bloedstillende druppels

Purgeermiddels – Jalappoeier, Gal-en-slym mengsel, Galpille

Rumatiek – Bruindulsies, kajapoetolie, Koraaltinktuur, Sterksalf

Senuagtigheid – Benoudheidsdruppels, Duiwelsdrek, Entressdruppels, kraamdruppels, Krampdruppels, Stuipdruppels

Sinkings – Sterksalf,Kanfer, kanferolie,Bezoardpoeier

Slegte spysvertering – Helmontskruie en –ekstrak,Jamaikagemmer, Kamille-essens, Lewensessens, Souttinktuur, Pepermentdruppels, Wonderkroonessens

Sooibrand – Lewensessens, pepermentdruppels, Rooilaventel

Suur – Kinderpoeier, Behoedmiddel vir Kinders, Kamille-essens

Tandekry – Behoedmiddel vir Kinders, Kinderpoeier, Rooilaventel

Tandpyn – Tandpyndruppels, Teerolie, Naeltjie-olie

Tonikums – lewensessens, Maagbitters, Versterkdruppels, Witkinapoeier

Winderigheid – Anysolie, Balsem-vita, Helmontskruie, kajapoetolie,Naeltjie-olie, Pepermentdruppels, Pepermentolie, Rooilaventel, Teerolie

Wintershande-voete – Balsem-spyker

Wonde en sere – Basilikonsalf, Karbololie, Patasalf, Turlington, Verdwynpleister.

Teenmiddels vir Gifstowwe

Hou gifstowwe en medisyne weg van kinders
In alle gevalle van moontlik vergiftiging stuur onmiddelik na dokter
Terwyl daar vir die dokter gewag word, behoort ‘n teenmiddel gegee te word.

Aspirien: -
Gee ‘n mengsel van deeglike gebrande en gepoeierde roosterbrood en “melk van Magnesia” in sterk tee. Gee dan ‘n braakmiddel en volg dit met koeksoda in warm water.

Bytende Soda –
Moet nie ‘n braakmiddel gee nie. Gee asyn in water en dan soet- of olyfolie of die wit van ‘n eier

Insekdoders met D.D.T. –
Soos vir voedselvergiftiging

Jodiumtinktuur –
Gee ‘n dik styselpasta. Volg dit met sout in warm water totdat die braking skoon is. Daarna sterk tee of koffie

Kanferolie –
Gee ‘n braakmiddel

Miergifstowwe en arseen preparate –
Gee ‘n mengsel van gepoeierde en deeglik gebrande roosterbrood –en Melk van magnesia in sterk tee. Gee dan ‘n braakmiddel

Ontsmettingsmiddel (karbolsuur) –
Gee melk of die wit van ‘n eier, dan sterk tee of koffie

Paraffien –
Gee ‘n braakmiddel. Volg dit met medisinale paraffien. Daarna sterk tee of koffie

Paragora –
Gee mengsel van deeglike gebrande en gepoeierde roosterbrood en melk van magnesia in sterk tee. Gee dan Engelse sout in water.

Seepsoda –
Moet nie braakmiddel gee nie. Gee asyn in water en dan soet- of olyfolie of die wit van eier

Slaappille –
Gee ‘n mengsel van deeglike gebrande en gepoeierde roosterbrood en melk van magnesia in sterk tee. Gee dan ‘n braakmiddel gevolg deur Engelse sout in water en sterk tee of koffie

Strignien –
Gee ‘n mengsel van gebrande en gepoeierde roosterbrood en melk van magnesia in sterk tee, volg op met braakmiddel

Sure –
Gee mengsel van deeglik gebrande en gepoeierde roosterbrood en melk van magnesia in sterk tee. Moet nie braking aanbring nie

Terpentyn –
Gee ‘n braakmiddel dan medisinale paraffien gevolg met sterk tee of koffie

Voedsel-vergiftiging –
Gee ‘n braakmiddel, volg dit dan met Engelse sout en water en daarna tee of koffie

Braakmiddels –
antimoonwyn, Grouvomitiefpoeier, Ipekakuanhawyn, Mosterd en sout in warm water,Witvomitiefpoeier

Verkorte gids by die gebruik van Lennon se Hollandse Medisynes

Antimoonwyn: Brongitis, Verkoues, Koorsigheid
Anysolie: Winderigheid
Arnikatinktuur: Uitwendige gebruik vir kneusplekke en verstuitings
Balsem-Kopiva: Rugpyn en Nier moeilikheid
Balsem-Spyker: Wintershande en –voete, seer tepels, inflammasie
Balsem-Sulphuris: Rugpyn en nier moeilikheid
Basem-Vita: Koliek, maagpyn en winderigheid
Basilikonsalf: Pitswere en swere
Behoedmiddel vir Kinders: Tandekry en maagongesteldhede
Benoudheidsdruppels: Senuagtigheid en slaaploosheid
Bezoardpoeier: Nier en blaas moeilikheid, sinkings
Bloedstillende druppels: Bloedsuiwerende middel en Tonika
Bloedsuiwerende kruie: Bloedsuiwerende middel en sagte lakseer middel
Bloedsuiwerende kruie-ekstrak: Bloedsuiwerende middel en sagte lakseer middel
Boegoeblare: Nier en blaas moeilikheid
Boegoe-essens: Nier en blaas moeilikheid
Borsdruppels: Hoes en brongitis
Bruindulsies: Nier en blaas moeilikheid
Doepa: koliek, winderigheid
Doepa-olie: Hoes en brongitis
Duiwelsdrek: Senuagtigheid en slaaploosheid
Duiwelsdrekdruppels: Senuagtigheid en slaaploosheid
Entressdruppels: Senuagtigheid en slaaploosheid
Galpille: Lewer-moeilikheid, Galagtigheid, hardlywigheid
Gal en slymmengsel : Lewer-moeilikheid, Galagtigheid, Hardlywigheid
Gesondheidsdrank : Lewermoeilikheid, galagtigheid en hardlywigheid
Groen Amara: Tonika
Grouvomitief poeier: Braakmiddel
Haarlemensis: Nier en blaas moeilikhede
Helmontskruie: Gevolge van hardlywigheid
Helmontskruie-ekstrak: Gevolge van hardlywigheid
Hoffmannsdruppels: Verkoues, koues en asma
Huisapteek: Gesinsmedisyne
Ipekakuanhawyn: Hoes, verkoues braakmiddel
Jalappoeier: lakseermiddel
Jamaikagemmer: Koliek, slegte spysvertering winderigheid
Kajapoetolie: Winderigheid, maagpyn, gewrigspyne
Kamille-essens: Slegte spysvertering, maagpyn
Kanfer: Koues, sinkings
Kanferolie: Sinkings, rumatiese pyne en verkoues
Karbololie: Septiese wonde en sere
Kinderpoeier: Lakseermiddel vir kinders
Koraaltinktuur: Nier en blaas moeilikhede
Kraamdruppels: Krampe, senuagtigheid en histerie
Krampdruppels: Krampe, maagpyn
Lewensessens: Maagtonika, maagpyn
Maagbitters: Maagtonika
Miangolie: Sere, skruftes
Miltessens: Galagtigheid, lewer moeilikhede
Naeltjie-olie: Winderigheid, tandpyn
Obstructpille: Hardlywigheid
Oogdruppels: Ontsteekte oë
Oorpyndruppels: oorpyn
Oogsalf: karkatjies en ontsteekte ooglede
Paragoriese-elikser: Hoes en verkoues
Patatsalf: Veldsere
Pepermentdruppels: Koliek, winderigheid
Peperment olie: koliek, winderigheid
Poligrispille: Hardlywigheid
Pynstillende druppels: maagkrampe
Rabarberpoeier: Leweragtigheid, hardlywigheid
Rooilaventel: Floutes, slegte spysvertering, winderigheid
Rooipoeier: Koors , krampe, nier en blaas moeilikheid
Ruitersalf: nete
Souttinktuur: Maagtonika, bloedreiningingsmiddel
Staaldruppels:Bloedtonika
Sterksalf: Rumatiese pyne, spierpyne
Stuipdruppels: Senu-kalmeermiddel
Tandpyndruppels: Tandpyn, winderigheid
Turlington: Hoes en bors moeilikheid, wonde Lennons Medikasie Bladsy 5 van 11
Teerolie: Tandpyn, winderigheid
Verdwynpleister: Om swelsels te verminder
Versterkdruppels: Tonika
Vitalispoeier: Koues, jig, gewrigspyne
Witdulsies: Koorsigheid, floutes
Witkinapoeier: Malaria, Tonika
Witvomitiefpoeier: Braakmiddel
Wonderkroonessens: Maag- en ingewande ongesteldheid, krampe

Monday, July 11, 2011

Beskrywing en hoeveelheid van elke produk

Antimoonwyn
Hierdie preparaat is baie doeltreffend in gevalle van koorsigheid en verkoues of koue en maak ook die slym los by hoesbuie. Volwassenes kan tien tot dertig druppels in kanferwater drie of vier keer per dan neem en in besonder met slaaptyd. Kinders kan ‘n dosis van 5-10 druppels gegee word.

Anysolie
Hierdie olie is goed vir die verligting van winderigheid. ‘n Paar druppels op suiker moet geneem word wanneer nodig.

Arnikatinktuur (vir uitwendige gebruik)
Verdun met water word hierdie tinktuur gebruikvir die verligting van pyn en geswel as gevolg van kneusplekker en verstuitings. 30 druppels van die tinktuur word gebruik vir elke eetlepel water. ‘n Stukkie verband of materiaal in die oplossing geweek word en op die beseerde plek geplaas word en dikwels herhaal word. Voordat pappe of trekpleister opgesit word voeg 30 druppels van die tinktuur by.

Balsem-Kopiva
Hierdie is ‘n doeltreffende middel vir minder ernstige nieraandoenings, pyn in die rug in irritasies van die blaas en is ook handig vir brongitis. 10 – 30 druppels behoort drie maal daagliks geneem te word, gedrup op suiker of saam met melk

Balsem-spyker
‘n Uitstekende toediening vir wintershande en-voete, seer tepels en inflammasie

Balsem-sulfuris (swawel)
Dit is ‘n baie ou middel wat oor die algemeen met goeie gevolg gebruik word vir pyn in die rug, lendepyn en nier en blaas aandoenings. Neem 10 – 20 druppels twee of drie keer per dag op suiker

Balsem-Vita
Hierdie preparaat word aanbeveel vir die verligting van koliek, maagpyn en winderigheid maar is ook goed vir verkoues en hoes van ‘n minder ernstige aard. Dit kan met veiligheid vir kinders en babas gegee word. Vir volwassenes 20 – 30 druppels vier of vyf keer daagliks saam met warm water of tee. 10 druppels is genoeg vir kinders en 5 druppels in bietjie lou soet water vir babas

Basilikonsalf
‘n Waardevolle salf vir pitswere en swere. ‘n Bietjie moet op verband of materiaal gesit en op die seerplek geplaas word. Die plekke moet deeglik met warm water gewas word voor behandeling met die salf.

Behoedmiddel vir kinders
Hierdie is ‘n baie doeltreffende en betroubare middel vir die meeste maag- en tande moeilikhede by babas. Aangesien dit geen verdowings- of ander nadelige middels bevat nie kan dit met veiligheid en vertroue aan kinders van alle ouderdomme gegee word. Om suur in die maag te verlig wat dikwels die oorsaak van maagongesteldheid is, moet hierdie medisyne drie of meer keer per dag gegee word, verkieslik na voedings. In gevalle van wind, maagpyn en koliek kan ‘n tweede dosis gegee word binne ‘n uur na die eerste indien geen verligting verkry word nie. Vir babas onder een maand moet 5-15 druppels gegee word, vyftien tot 30 druppels vir een tot drie maande en half toe een teelepelvol oor drie maande

Vir rusteloosheid wat dikwels saam met tandekry voorkom, kan een teelepel vol drie maal per dag gegee word. In gevalle van maagwerking behoort drie dosisse genoegsaam te wees om verligting te bring. Vir hierdie doel is die dosis vir babas tot 3 maande een teelepel vol, en tot drie maand een en ‘n half en oor drie maande twee teelepels vol.
Benoudheidsdruppels

Hierdie medisyne het ‘n kalmerende uitwerking in meeste gevalle van senuagtigheid, rusteloosheid en onrustigheid, en bevorder rustige slap in gevalle van slaaploosheid. Dit is ook bruikbaar vir die verligting van koliek, maagpyne en maakwerking. As ‘n kalmeermiddel in gevalle van senuagtigheid en slaaploosheid neem 15 – 40 druppels drie of vier keer per dag en vernaamlik met slaaptyd. Vir koliek, maagpyn en maagwerkings, neem eers 40 druppels en dan 15 druppels elke kwartier tot verligting ondervind word.

Bezoardpoeier
Vir nier en blaas moeilikhede en vir koorsigheid neem genoeg om die punt van ‘n mes toe te maak, drie maal per dag

Bloedstillende druppels
Hierdie druppels word aanbeveel vir vel moeilikhede soos bloedvinte, swere en karbonkels. Die dosis is 10 druppels elke vier uur in water. ‘n Betroubare lakseermiddel soos Bloedsuiwerendekruie en bloedsuiwerende kruie-ekstrak moet ook geneem word. Die toediening van Baselikonsalf word ook aanbeveel.

Bloedsuiwerende kruie
Dit is ‘n kosbare en doeltreffende mengsel van uitgesoekte kruie vir bloedsuiwering en die verligting van daardie klagtes wat saamgaan met gewoonte hardlywigheid, soos hoofpyn, galagtigheid, verlies van eetlus en lusteloosheid. Hierdie kruie het ‘n sagte lakserende uitwerking maar veroorsaak geen krampe nie. Vir voorbereiding as ‘n medisyne moet hierdie kruie met ‘n bottel ou wyn gemeng word, in die son gelaat vir 8 dae om ryp te word en daarna deurgesyg word. Die dosis is ‘n halwe tot een wynkelkie saans en soggens

Bloedsuiwerende ekstrak
Hierdie waardevolle kruiepreparaat is ‘n baie betroubare medisyne vir die reiniging van die bloed en gestel van onsuiwerhede. Vir vlekke op die vel en uitslag soos puisies, swere en hitte-uitslag, neem een tot twee teelepels vol drie of vier maal daagliks. Vir ‘n sagte lakseermiddel by hardlywigheid ‘n half tot een wynkelkie saans en soggens

Boegoeblare
‘n Welbekende Suid-Afrikaanse blaar wat baie goed blyk te wees vir die behandeling van minder ernstige nier en blaaskwale, moeilikheid ondervind om te water, rugpyn en irritasie van die blaas. Boegoetee word berei deur die inhoud van ‘n pakkie by ‘n pint kokende water te voeg. Laat die vir ‘n kwartier staan en syg deur. Die dosis is een tot twee wynkelkies drie maal per dag.

Boegoe-essens
Hierdie gevestigde en bekende preparaat het bekendheid verwerf vir die behandeling van minder ernstige blaas en nierkwale, moeilikheid om te water, rugpyn en irritasie van die blaas. Die gewone dosis is een tot twee teelepels vol in ‘n wynkelkie water drie maal dagliks

Borsdruppels
Dit is ‘n uitstekende middel van ‘n hoe aansien geniet as ‘n doeltreffende preparaat vir die mees algemene bors moeilikhede. Dit maak slym los, die bors skoon en verlig die krampagtigheid van hoesbuie, kroep en brongitis in beide volwassenes en kinders. Volwassenes kan ‘n half tot een teelepel vol en kinders 15 – 20 druppels neem, drie maal daagliks met water, tee of heuning

Bruindulsies
In gevalle van minder ernstige nier en blaas-aandoenings, rugpyn en rumatiese kwale kan hierdie veilige en betroubare preparaat baie verligting bring. Dit kan ook gebruik word in gevalle van koorsigheid en Lennons Medikasie Bladsy 7 van 11
koues. Die dosis is 15 – 30 druppels in water, wyn of melk drie of vier keer per dag .Kinders behoort 10 – 15 druppels te neem

Doepa
Hierdie preparasie gee verligting in gevalle van wind, winderigheid en koliek, en kan geneem word vir minder ernstige nier en blaasmoeilikhede. Dit moet fyn gemaak word en van ‘n kwart tot half teelepel vol moet drie maal daagliks ingeneem word.

Doepa-olie
‘n Handige medisyne vir hoes, kroep, en brongitis. 5 – 15 druppels moet geneem word met suiker of gemeng met water. Uitwendig, gemeng met varkvet is dit ‘n handige antiseptiese salf.

Duiwelsdrek
In gevalle van senuagtigheid, histerie en slaaploosheid sal dit gevind word dat hierdie preparaat die senuwees kalmeer. Dit word ook aanbeveel vir winderigheid en maagpyn. Neem drie maal daagliks saam met melk of heuning genoeg hiervan om die punt van ‘n knipmes toe te maak.

Duiwelsdrek druppels
Hierdie druppels word gebruik vir dieselfde klagtes as Duiwelsdrek. Vir senuagtigheid, histerie en slaaploosheid neem 10 – 15 druppels drie of vier maal per dag met suiker of met heuning. Om wind en maagpyn te verlig neem vyftien druppels elke kwart uur.

Entressdruppels
Hierdie druppels het ‘n merkbare kalmerende uitwerking in gevalle van senuagtigheid, senu-ongesteldheid en slaaploosheid. 20 – 30 druppels moet vier maal daagliks geneem word en veral gedurende die nag. Dit bring verligting in gevalle van maagpyn en van wind in die maag en ingewande .Vir hierdie doel neem 20 – 30 druppels totdat verligting ondervind word.

Galpille
‘n Sterk purgeermiddel vir die verligting van hardlywigheid, galagtigheid en leweragtigheid. Een of twee pille moet saans geneem word

Gal-en-slympille
‘n Welbekende pil vir die verwydering van gal, neem een of twee tablette saans

Gal-en slym mengsel
Die mengsel is handig vir gal en lewer ongesteldhede en hoofpyne en lusteloosheid veroorsaak deur hardlywigheid. Dit word aanbeveel as ‘n sagte purgeermiddel in gevalle van aambeie en om die bloed en gestel te reinig van onsuiwerhede. In gevalle van wind en pyn in die maag en ingewande is dit baie doeltreffend. Die gewone dosis is ‘n halwe wynkelkie saans en in die oggend

Gesondheidsdrank
Die medisyne is doeltreffend vir gal en lewer moeilikhede, hardlywigheid, slegte spysvertering, hoofpyne en galagtigheid en kwale wat met hardlywigheid saamgaan. Dit herstel die eetlus, reinig die gestel en ageer as ‘n tonika. Die gebruiklike dosis is ‘n halwe wynkelkie in die oggend en aand, kinders 8-12 jaar ‘n halwe wynkelkie slegs in die oggend

Groen amara of essens amara
‘n Uitstekende en waardevolle versterkmiddel wat die eetlus aanwakker en ‘n gevoel van welsyn gee aan die mense wat afgewerk is en ly aan verlies van energie. As daar enige hardlywigheid is, moet Poligrispille met slaaptyd geneem word. As ‘n tonika, ‘n half tot een teelepel vol drie of vier keer per dag en vir kinders 15 -30 druppels per dag in melk of sop

Grouyvomitiefpoeier
Hierdie poeier word ingegee om braking aan te bring by kroep of kinkhoes en in baie klein dosisse as ‘n sweetmiddel vir die verligting van koues en koors

Haarlemensis
Hierdie ou en gevestigde middel, uitgevind in die jaar 1672 is gevind baie doeltreffend te wees vir die minder ernstige blaas en niermoeilikhede en moeilikheid wat ondervind word om te water. 15 druppels moet in melk of wyn geneem word met slaaptyd

Helmontskruie
‘n Mengsel van uitgesoekte kruie wat baie doeltreffend gevind word vir kwale wat volg op hardlywigheid. Dit werk as ‘n sagte lakseermiddel, verlig pyn en wind in die maag en ingewande en verbeter die eetlus. Om voor te berei, voeg die inhoud van ‘n pakkie by ‘n bottel ou wyn en laat dit in die son om te trek vir agt dae terwyl dit herhaaldelik geskud word. Syg dan deur. Een teelepel vol tot ‘n halwe wynkelkie moet geneem word twee of drie maal daagliks

Helmontskruie-ekstrak
Dit is ‘n welbekende huishoudelike middel wat goed is vir kwale soos hoofpyn, galagtigheid verlies van eetlus en lusteloosheid wat veroorsaak word deur hardlywigheid. Dit is baie effektief om die bloed en gestel van onsuiwerhede te bevry. Volwassenes moet een teelepel vol tot ‘n halwe kelkie met water, gegeur met peperment essens drie maal per dag gee. Kinders onder 5 jaar 5 – 20 druppels van 5-12 jaar , 20 – 30 druppels twee of drie maal daagliks

Hoffmannsdruppels
Hierdie middel is bekend vir die afgelope 300 jaar. Dit kan gebruik word in gevalle van floutes, asma en benoudheid in die bors, vir verkoue, koues en koors en vir maagpyn. Vir floute en asma neem ‘n halwe teelepel vol in ’n wynkelkie water. Vir verkoues, koues en koors en maagpyn neem 15 – 30 druppels drie maal per dag in ‘n wynkelkie water
Kinders moet 10 – 15 druppels op suiker of met water inneem.

IPEKAKUANHAWYN
Hierdie welbekende middel toegedien in klein dosisse is goed vir die verligting van droë hoes en vir die losmaak van slym by akute brongitis. 5 – 20 druppels moet elke vier uur met water geneem word. In groot dosisse werk dit as ‘n braakmiddel en om braking aan te bring moet een en ‘n half tot 5 teelepels vol geneem word

Jalappoeier
Dit is ‘n baie sterk purgeermiddel. Dit mag nie geneem word as daar enige inflammasie in die maag of ingewande is nie

Jamaikagemmer
‘n Uitstekende middel vir die verligting van koliek, winderigheid, maagpyn en slegte spysvertering. Die dosisse vir volwassenes is 5 – 10 druppels in water

Kajapoetolie
Die preparaat kan gebruik word vir pyn en winde in die maag en ook vir verkoues en slym op die bors. 1 – 3 druppels moet met suiker of kanfer water geneem word. Vir rumatiek pyne neem 5 – 10 druppels met boegoetee drie maal daagliks
Vir uitwendige gebruik, meng met soetolie, verlig dit gewrigs en lende pyne

Kamille-essens
Kamille-essens is ‘n uitstekende kalmeermiddel vir menige maag ongesteldheid soos suur, slegte spysvertering en krampe en vir herstel van eetlus. Een teelepel vol behoort twee of drie maal daagliks geneem te word, verkieslik na maaltye. Kinders moet die helfte van hierdie dosis gegee word.

Kanfer
Hierdie ou middel het baie gebruike en is gewild vir die verligting van verkoues in die kop en sinkings. ‘n Klein bietjie word opgelos in water om kanferwater te maak wat gebruik word vir die verligting van winderigheid en maagpyn Lennons Medikasie Bladsy 9 van 11
Kanferolie (slegs vir uitwendige gebruik)

Dit moet warm gemaak word en goed ingevryf word vir die verligting van sinkings, lendepyn, spierpyne en rumatiek. Dit is uitstekend vir kinders wat ly aan borsmoeilikheid as dit warm gemaak en goed in die bors en rug gevryf word, Hou die kind warm toegemaak
Karbololie(slegs vir uitwendige gebruik)

Dit is slegs vir uitwendige gebruik bedoel en behoort op verband aangebring te word as ‘n middel vir septiese sere en wonde
Kinderpoeier

Die poeier is ‘n sagte lakseermiddel en word spesiaal aanbeveel vir maag en inwendige ongesteldhede by kinders. Dit help om die eetlus aan te wakker en die lusteloosheid wat baie keer saamgaan met hardlywigheid te verwyder. Van ‘n kwart ot ‘n half teelepel vol moet gegee word gemeng met suiker of heuning

Koraaltinktuur
Hierdie tinktuur word aanbeveel vir minder ernstige nier en blaaskwale en moeilikheid wat ondervind word om te water, swelsels, rumatiese pyne en koorsigheid. 30 – 40 druppels moet drie tot vier keer per dag geneem word in ‘n wynkelkie water. Kinders tot 10 – 15 druppels in water

Kraamdruppels
‘n Welbekende middel vir die verligting van maagpyn, koliek en krampe. Hierdie druppels het ‘n kalmerende uitwerking in gevalle van histerie en ander senuwee aandoeninge. Vir vrouens is die druppels van besondere waarde. Om pyn te stil, neem 30 – 60 druppels in water elke uur totdat verligting ondervind word. Vir senuagtigheid en slaaploosheid neem 20 – 30 druppels drie of vier keer daagliks

Krampdruppels
Die druppels bring spoedige verligting in gevalle van pyn en krampe in die maag en ingewande en mislikheid. Dit het ook ‘n waardevolle kalmerende uitwerking op senuagtige mense en in gevalle van slaaploosheid. Vir pyne en krampe behoort 30 druppels elke kwartier tot half uur geneem te word totdat verligting ondervind is. Vir senuagtigheid en slaaploosheid neem 20 – 30 druppels drie maal daagliks en veral saans

Lewensessens
‘n Beroemde maagtonika. Vir volle besonderhede raadpleeg die beskrywing wat saam met elke bottel verskaf word

Maagbitters
Die bitters het ‘n uitstekende reputasie om die eetlus te verbeter en die gestel te verfris. Een of twee teelepels in water of bietjie wyn moet twee of drie maal daagliks geneem word

Miangolie
‘n Aanwending vir bedsere, wintershande en skurftes

Miltessens
Ongesteldhede van die lewer of ingewande word gekenmerk deur hoofpyne ,gevoel van lusteloosheid, galagtigheid, verlies van eetlus, hardlywigheid, veluitslag en ‘n gevoel van bedruktheid. Miltessens is uitstekend vir hierdie klagtes en verwyder die kwale wat verantwoordelik is vir die onbehoorlik werking van die lewer en ingewande ‘n Half tot een teelepel vol moet twee of drie maal daagliks geneem word.

Naeltjie olie
3 – 5 druppels naeltjie olie op suiker is baie doeltreffend om pyn en wind in die maag en ingewande te verlig. Vir tandpyn moet ‘n paar druppels op watte geplaas en in die slegte tand ingedruk word.

Obstruct pille
Vir die verligting van hardlywigheid moet een of twee pille saans of vroeg in die oggend geneem word

Oogdruppels
Ontsteekte oë moet in warm water gebaai word waarby ‘n paar druppels van die oogdruppels bygevoeg is. Herhaal met vars oplossing drie of vier maal daagliks

Oogsalf
Vir karkatjies en ontsteekte ooglede moet ‘n klein bietjie van die salf soggens en saans opgesit word

Paragories elikser
Hierdie ou en gewaardeerde preparaat het ‘n welbekende huishoudelike middel geword. Dit is baie handig in gevalle van hoes en verkoues. Dit word dikwels gebruik vir koues en pyn in die maag en is besonder goed vir hierdie doel as dit gemeng word met ‘n teelepel Hofmansdruppels. Volwassenes moet half tot een teelepel vol in wynkelkie soet water neem. Kinders moet 15 – 30 druppels gegee word op suiker of met soet water. Dit word nie aanbeveel vir babas nie

Patatsalf
‘n Uitstekend salf vir veldsere en septiese sere

Peperment druppels
Koliek en winderigheid word verlig deur ‘n paar druppels op suiker of in water te neem wanneer nodig

Poligrispille
Hierdie pille word aanbeveel as ‘n sagte lakseer middel in gevalle van hardlywigheid en as ‘n bloed reiniger. As ‘n purgeermiddel moet twee tot vier pille saans geneem word. As ‘n bloed reiniger moet een of twee pille daagliks vir ‘n paar dae geneem word met Miltessens.

Pynstillende druppels
Die druppels is spesiaal bedoel vir die verligting van pyn en krampe veral wanneer dit in die maag en ingewande voorkom. Dit sal baie handig gevind word in gevalle van maagwerking 20 – 30 druppels kan geneem word in ‘n bietjie water elke half uur totdat die pyn of maagwerking verlig is

Rabarberpoeier
'n Welbekende middel gebruik vir laksering ingeval van hardlywigheid, leweragtigheid en galagtigheid. Volwassenes moet een poeier by slaaptyd of vroeg in die oggend neem.  Kinders moet ‘n kwart tot halwe poeier neem volgens ouderdom

Rooilaventel
Hierdie medisyne het verskeie gebruike. Vir winderigheid, slegte spysvertering en maagpyn neem een teelepelvol met water elke halfuur totdat verligting ondervind word. As die baba se maag omgekrap of winderig is, gee 10 druppels in ‘n bietjie soet water

Rooipoeier
Dit is handig in gevalle van minder ernstige nier en blaas klagtes. ‘n Kwart van ‘n teelepel in water kan twee of drie maal daagliks geneem word

Souttinktuur
In gevalle van verlies van eetlus, maagongesteldheid, suur en algemene lusteloosheid sal die tinktuur baie goed gevind word. Dit verlig maagongesteldheid veral as dit veroorsaak word deur suur, herstel die eetlus en verbeter die gesondheid. Halwe tot een teelepel vol kan na etes geneem word in ‘n wynkelkie water

Staaldruppels
Om die bloed te verryk en aan te vul veral wanneer daar bloedverlies was en om die gesondheid en lewenslus te bevorder kan hierdie druppels met vrymoedigheid aanbeveel word. Dit is uitstekend vir ‘n tekort aan yster, wat baie algemeen by vrouens voorkom en wat somtyds verantwoordelik is vir daardie gevoel van ongesteldheid en lusteloosheid. Die dosis is 10 – 15 druppels in ‘n wynkelkie water drie maal daagliks

Sterksalf
Spierpyne, verrekte spiere, rumatiek en sinkings word verlig deur massering van hierdie salf aan die aangetaste dele

Stuipdruppels
Hierdie druppels werk as kalmeermiddel in gevalle van senuagtigheid. Rusteloosheid en slaaploosheid. Dit is ook handig vir pyne en krampe in die ingewande en maag. Vir senuongesteldhede neem ‘n half teelepel vol drie of vier maal daagliks en veral saans. Vir pyne en krampe neem ‘n half teelepel vol elke half uur totdat verligting ondervind word

Tandpyndruppels
Vir die verligting van tandpyn word ‘n bietjie op watte gedoop en in die seer tand gestop

Teerolie
Hier preparaat kan gebruik word vir ongesteldhede soos wind en pyn in die maag, bors en lugpyp moeilikhede. 2-5 druppels kan in ‘n wynkelkie water of melk geneem word. As ‘n verdampingsmiddel in gevalle van brongitis, asma en kinkhoes, gooi omtrent 15 druppels op ‘n halwe liter kokende water en asem die stoom deur die neus en mond in

Turlington
Die ou welbekende preparaat geniet hoe aansien vir die behandeling van hoes en ander bors klagtes Aangesien dit nie goed meng met vloeistowwe nie kan dit geneem word met suiker of die geel van ‘n eier Dosis, ‘n half tot een teelepel vol twee tot drie maal daagliks. Turlington is ook baie handig op snye en minder ernstige wonde en sere te sit aangesien dit inflammasie verlig en genesing bespoedig

Verdwynpleister
Om swelsels te verminder en inflammasie te trek, smelt bietjie en plaas op verband

Versterk druppels
Dit is ‘n uitstekende versterk middel wat n gevoel van gesondheid meebring, verterings probleme verbeter en die eetlus aanwakker. Half tot een teelepel vol kan in wynkelkie water of wyn drie maal daagliks geneem word.

Vitalpoeier
Hierdie poeier is handig om sweet aan te bring by koors of koues en om jig en gewrigspyne te verlig. Volwassenes kan een poeier in warm drankie neem en kinders minder volgens ouderdom

Witdulsies
‘n Baie handige medisyne om verkoues en koues te keer en om koors te verlig. Dit sal ook goed gevind word in ligte aanvalle van asma en floutes. Vir verkoues en koue neem ‘n half teelepel vol in wynkelkie met water drie maal daagliks. Vir asma en floutes neem een teelepel vol in bietjie water

Witkinapoeier
Die poeier word gebruik vir die voorkoming en beheer van malaria-aanvalle. Een poeier saans word geneem om aanvalle te verhoed en in die geval van malaria, een poeier elke vier uur. Dit is ook ‘n handige middel vir inflammasie en verkoues en gemeng met wyn is dit ‘n goeie versterk middel.

Witvomitiefpoeier
Hierdie poeier is goed om braking aan te bring wanneer nodig. Dit moet met die uiterste versigtigheid gebruik word

Wonderkroon essens
Dit is uitstekende medisyne vir maag en ingewande ongesteldhede soos slegte spysvertering, sure, pyne en krampe, wind en hardlywigheid. Dit is ook handig vir vrouekwale. Die dosis is half tot een teelepel vol in water soggens en saans of wanneer pyn of ongemak ondervind word.