Hierdie boekie sal handig gevind word as ‘n gids by die gebruik van Lennon se oorspronklike en egte Hollandse Medisyne. Vir meer as 100 jaar word hierdie huismiddels deur Lennon vervaardig en het die vertroue van die publiek gewen vir die behandeling van minder ernstige ongesteldhede. Aangesien hierdie middels slegs bedoel is vir gebruik by geringe kwale behoort u ‘n dokter te raadpleeg in alle gevalle van ernstige aard.
‘n Kort uiteensetting vir die gebruik van elke middel word hierin gegee en om naslaan te vergemaklik, vind u ‘n alfabetiese lys van die mees algemene kwale met die voorgestelde middel. Die dosis aangegee mag gewysig word ooreenkomstig ouderdom en omstandighede.
Daar is baie ander gebruike vir hierdie huismiddels bekend wat deur ondervinding geleer is maar almal kan nie in hierdie kort gids opgeneem word nie.
Gedurende siekte behoort slegs die mees doeltreffende middels gebruik te word. Die beste kwaliteit bestanddele word gebruik vir Lennon se Hollandse Medisyne en die hoogste vervaardigings-standaard word gehandhaaf.
Die oorspronklike en ware Lennon se Hollandse Medisyne is verkrygbaar van aptekers en handelaars dwarsdeur die land.
Essolin Hoes en long balsem Genees meeste keel moeilikhede en is geheel-en-al veilig vir kinders – dit bevat geen verdowingsmiddels nie. Goedgekeur en aanbeveel vir hoes as gevolg van verkoues, brongitis, heesheid en kinkhoes
Stella olie Verlig pyn veroorsaak deur rumatiek, sinkings, heupjig, rugpyn, jig, lendepyn, hoofpyn, tandpyn, verswikkings, brandplekke, sere en barsies
Scorbex – swart aalbessiesap
Voorberei van natuurlike swart aalbessiesap en suiwer suiker. Om ‘n oorvloed vitamine C te verseker, gebruik ‘Scorbex”
Op roomys – dit maak ‘n uitstekende sous
In vrugteslaai – gee dit ‘n heerlike smaak
In skemerkelkies – vir ‘n aangename en gesonde verandering
In melkskommels – spoor die kinders aan om meer melk te drink omdat dit so anders smaak
In poedings – oorgegooi as sous, voeg dit meer kleur aan menige poedings
Kalmeermiddels –Benoudheids druppels, Entressdruppels, kraamdruppels, Krampdruppels, Stuipdruppels
Karkatjie – oogsalf
Katar (neus) – kanfer, Witdulsies
Kneusplekke – sterksalf arnikatinktuur
Koliek – Balsem-vita, Benoudheidsdruppels, doepa, Jamaikagemmer, Pynstillende druppels, Wonderkroonessens, Teerolie
Koues – Antimoonwyn, Hoffmannsdruppels, Ipekakuanhawyn, Witdulsies, Vitalispoeier
Krampagtigheid –Kraamdruppels,krampdruppels,Pynstillendedruppels,Stuipdruppels, Wonderkroonessens
Krampe –Helmontskruie, Jamaikagemmer, Kamille-essens, Naeltjiesolie, Peppermentdruppels
Kroep – Antimoonwyn, Borsdruppels, Grouvomitiefpoeier, Witfomitiefpoeier, Doepa-olie
Lakseermiddels – Galpille, Helmontskruie, Obstructpille, Poligrispille, Rabarberpoeier
Lendepyne - Balsem-sulfuris, Vitalispoeier, Sterksalf
Lusteloosheid – Groen amara, Lewensessens, Maagbitters, Staaldruppels, Verstekerdruppels
Maagongesteldheid –Entressdruppels, Helmontskruie, Gesondheiddrank, jamaikagemmer, Lewensessens, maagbitters, rooilaventel, Souttinktuur
Maagwerkings – Behoedmiddel vir kinders , Kinderpoeier
Maagwind middele – Rooilaventel, Lewensessens, pepermentolie Malaria – Behoedmiddel vir kinders, jamaikagemmer, Witkinapoeier, Witdulsies
Nete – Ruitersalf
Nier en Blaas – Boegoeblare, Boegoe-essens, Balsem-Kopiva, Balsem-Sulfiris, Bezoardpoeier, Bruindulsies, Haarlemensis, koraaltinktuur,Rooipoeier.
Oë – Oogdruppels, oogsalf
Oorpyn – Oorpyndruppels
Pitswere en karbonkels – basilikon salf, Bloedstillende druppels
Purgeermiddels – Jalappoeier, Gal-en-slym mengsel, Galpille
Rumatiek – Bruindulsies, kajapoetolie, Koraaltinktuur, Sterksalf
Senuagtigheid – Benoudheidsdruppels, Duiwelsdrek, Entressdruppels, kraamdruppels, Krampdruppels, Stuipdruppels
Sinkings – Sterksalf,Kanfer, kanferolie,Bezoardpoeier
Slegte spysvertering – Helmontskruie en –ekstrak,Jamaikagemmer, Kamille-essens, Lewensessens, Souttinktuur, Pepermentdruppels, Wonderkroonessens
Sooibrand – Lewensessens, pepermentdruppels, Rooilaventel
Suur – Kinderpoeier, Behoedmiddel vir Kinders, Kamille-essens
Tandekry – Behoedmiddel vir Kinders, Kinderpoeier, Rooilaventel
Tandpyn – Tandpyndruppels, Teerolie, Naeltjie-olie
Tonikums – lewensessens, Maagbitters, Versterkdruppels, Witkinapoeier
Winderigheid – Anysolie, Balsem-vita, Helmontskruie, kajapoetolie,Naeltjie-olie, Pepermentdruppels, Pepermentolie, Rooilaventel, Teerolie
Wintershande-voete – Balsem-spyker
Wonde en sere – Basilikonsalf, Karbololie, Patasalf, Turlington, Verdwynpleister.