WAARSKUWING:

WAARSKUWING: Moet ASSEBLIEF nie die rate gebruik alvorens jy dit met 'n dokter of ten minste 'n apteker bespreek het nie. Party van die konkoksies kan onder sekere mediese omstandighede gevaarlik wees!!

Julle kan nou ook jul eie bydraes plaas onder LESERS BYDRAES.
LET WEL: Alle bydraes in Afrikaans, asseblief!

Tuesday, July 12, 2011

Teenmiddels vir Gifstowwe

Hou gifstowwe en medisyne weg van kinders
In alle gevalle van moontlik vergiftiging stuur onmiddelik na dokter
Terwyl daar vir die dokter gewag word, behoort ‘n teenmiddel gegee te word.

Aspirien: -
Gee ‘n mengsel van deeglike gebrande en gepoeierde roosterbrood en “melk van Magnesia” in sterk tee. Gee dan ‘n braakmiddel en volg dit met koeksoda in warm water.

Bytende Soda –
Moet nie ‘n braakmiddel gee nie. Gee asyn in water en dan soet- of olyfolie of die wit van ‘n eier

Insekdoders met D.D.T. –
Soos vir voedselvergiftiging

Jodiumtinktuur –
Gee ‘n dik styselpasta. Volg dit met sout in warm water totdat die braking skoon is. Daarna sterk tee of koffie

Kanferolie –
Gee ‘n braakmiddel

Miergifstowwe en arseen preparate –
Gee ‘n mengsel van gepoeierde en deeglik gebrande roosterbrood –en Melk van magnesia in sterk tee. Gee dan ‘n braakmiddel

Ontsmettingsmiddel (karbolsuur) –
Gee melk of die wit van ‘n eier, dan sterk tee of koffie

Paraffien –
Gee ‘n braakmiddel. Volg dit met medisinale paraffien. Daarna sterk tee of koffie

Paragora –
Gee mengsel van deeglike gebrande en gepoeierde roosterbrood en melk van magnesia in sterk tee. Gee dan Engelse sout in water.

Seepsoda –
Moet nie braakmiddel gee nie. Gee asyn in water en dan soet- of olyfolie of die wit van eier

Slaappille –
Gee ‘n mengsel van deeglike gebrande en gepoeierde roosterbrood en melk van magnesia in sterk tee. Gee dan ‘n braakmiddel gevolg deur Engelse sout in water en sterk tee of koffie

Strignien –
Gee ‘n mengsel van gebrande en gepoeierde roosterbrood en melk van magnesia in sterk tee, volg op met braakmiddel

Sure –
Gee mengsel van deeglik gebrande en gepoeierde roosterbrood en melk van magnesia in sterk tee. Moet nie braking aanbring nie

Terpentyn –
Gee ‘n braakmiddel dan medisinale paraffien gevolg met sterk tee of koffie

Voedsel-vergiftiging –
Gee ‘n braakmiddel, volg dit dan met Engelse sout en water en daarna tee of koffie

Braakmiddels –
antimoonwyn, Grouvomitiefpoeier, Ipekakuanhawyn, Mosterd en sout in warm water,Witvomitiefpoeier