WAARSKUWING:

WAARSKUWING: Moet ASSEBLIEF nie die rate gebruik alvorens jy dit met 'n dokter of ten minste 'n apteker bespreek het nie. Party van die konkoksies kan onder sekere mediese omstandighede gevaarlik wees!!

Julle kan nou ook jul eie bydraes plaas onder LESERS BYDRAES.
LET WEL: Alle bydraes in Afrikaans, asseblief!

Monday, July 11, 2011

A

AAMBEIE

• Smeer Samboksalf (Zambuk) gereeld binne en buite tot pyn verdwyn. (Werk fantasties!). Indien hardlywig, kan dit weer probleme gee. Kan selfs samboksalf eet om die derm end-uit te help genees.
• Sit 2 eetlepel. Engelse sout in 2 liter water in yskas en vat elke oggend ’n sluk daarvan.

AARVERKALKING/VERNOUING (Voorkomend)

• HOU OP ROOK
• Drink Vital se Omega 3,6 & 9 OF net 9), groen tee en elke oggend appelasyn in louwarm water op nugter maag
• Eet BAIE neute, drink tee, sitrusvrugte, donker groen groente (BAIE
BELANGRIK) en vermy vetterige kos
• Neem Foliensuur tablette (help met voorkoming van verkalking van are)
• Vernouing – eet appels, hawermout, bruin rys

ABSESSE – MOND

• 1 teelepel sout in warm water (moenie brand nie) of verdunde suurlemoensap – spoel mond ‘n volle minuut met ‘n slukkie uit, spoeg uit, neem weer ‘n slukkie en spoel weer vir ‘n minuut voor uitspoeg. Herhaal tot glas leeg is.
• Sit warmwatersak op wang

ALLERGIEË

• Drink Vit C as antihistamien en smeer Vicks bo-op neus vir moontlike allergieë

ARTRITIS (Sien ook gewrigspyne)

• Omega 3, 6 & 9 of net 3 kapsules
• Maak 1 x 2 liter bottel water met 2 eetlepel heuning en 2 eetlepels kaneel in en drink 3-4 maal per dag (Sit in yskas) – kan chroniese rumatiek heeltemal genees as gereeld gebruik word. (Dit werk)
• Maak 1 x 2 liter bottel water met 1 eetlepel borrie en 1 eetlepel gemmer aan en drink 3-4 maal per dag (sit in yskas) (Dit werk)
• 1 x 2 liter bottel water met 6 eetlepels Engelse sout met sap van 10 suurlemoene – drink 3-4 per dag
• Sluk 3-4 heel knoffelhuisies per dag (sonder ophou) – pasop vir verstik (Dit werk)
• Smeer Horse Liniment aan – vat pyn weg vir ’n hele ruk of kry Arthrexin pille by apteek – (goedkoop)
• Drink ysterpille of eet vleis, groen blaargroentes, eiers, bloubessies, olierige vis, neute, lensies, olywe
• Eet okkerneute, sojabone en vetterige vis
• Eet Geel voedselsoorte: Appelkose, Spanspek, pomelo, Lemoene,
Suurlemoene, Mango’s, Papajas, Perskes, Pynappels, Wortels, Pampoen, rooipepers, Botterskorsies, Suikermielies, nartjies en geelpepers
• Die oranje pampoen en rooipepers, lemoensap, komkommersap, wortels en waatlemoen kan artritis voorkom

ANTIOKSIDANTE

• Swart rooibostee – min of geen suiker – 3x per dag
• Drink Groen tee, druiwesap,
• Tamaties, sonneblomsade, groen blaargroentes, Heuning, knoffel en borrie

ALZHEIMER/GEHEUEVERLIES – VOORKOMEND

• Omega 3, 6 & 9 kapsules – help met breinfunksie
• Eet baie appels, uie, tee, broccoli, druiwe en cocoa, selderye en eiers en aspersies
• Drink 1 glas rooiwyn of rooi druiwesap elke aand
• Eet pers voedselsoorte: Braambessies, Pruime, Rooi druiwe, Rosyntjies, Beet en Rooikool, Bloubessies en swartbessies
• Eet rooivleis, patat, pere, neute, eiers
• Vit B – B6 (gebakte aartappels, piesangs), B12 (Vleis & skulpvis), tiamien (spaghetti & vleis), niasien (hoenderbors)
• Neem Foliensuur tablette (help met verkalking van are) of drink Ginkgo Biloba elke dag – (Uitstekend) (Duurder medisyne) asook Vit B en yster (vleis, groen blaargroentes, eiers, bloubessies, olierige vis, neute, lensies)
• Gaan stap gereeld

ASMA

• Stofsuig matte gereeld of verwyder hulle – was beddegoed, gordyne,
kussingslope ens. in baie warm water gereeld
• Eet baie appels, uie, tee, broccoli, druiwe en cocoa
• Drink rooiwyn (1 glas ’n aand) of rooi druiwesap
• Moenie hoesstrope gebruik wat hoes onderdruk nie – slym moet loskom
• Voorkom verkoues en griep en hou op rook
• Mense wat vitamien D3 neem se asma het verbeter

No comments:

Post a Comment