WAARSKUWING:

WAARSKUWING: Moet ASSEBLIEF nie die rate gebruik alvorens jy dit met 'n dokter of ten minste 'n apteker bespreek het nie. Party van die konkoksies kan onder sekere mediese omstandighede gevaarlik wees!!

Julle kan nou ook jul eie bydraes plaas onder LESERS BYDRAES.
LET WEL: Alle bydraes in Afrikaans, asseblief!

Monday, July 11, 2011

B

BABBELAS

• Drink oorspronklike Schweden bitter (Sweedse bitters) of Lennon se wonderkroonessens

BEDNATMAAK (Kinders)

• Gee kind BAIE water - hy moet dit inhou en laat gaan, inhou en laat gaan – maak spiere sterk
• ½ suurlemoen soggens elke dag in louwarm water
• Laat die kind verstaan dat dit nie ’n probleem is nie. Dit laat hulle gerus en ontspanne voel en dit sal end kry. Moet nie raas en baklei nie. Probeer versigtig uitvind wat pla hulle.

BEENDIGTHEID

• Drink heuningbostee

BEROERTE

• Omega 3,6 & 9 of net 9 kapsules
• Drink 1 teelepel Gemmer in lou water 3 x per dag
• Suurlemoen in louwarm water met ’n bietjie Cayenne peper in 3x per dag
• Drink baie tee – asook groen tee met ’n bietjie sitrussap by (Lemoene- Vit C)
• Eet baie piesangs,pomelo’s en witwortel
• Eet 4 stukkies donker sjokolade per dag.
• Moenie te erg kwaad raak dat dit voel asof jou kop gaan ontplof nie
• Te veel sout verhard jou aarwande
• Drink melk om die risiko te verlaag

BEWERIGHEID

• Neem Magnesium in (groen blaargroentes, Avo’s, pampoen, sonneblomsade, melk, all bran, pasta ens.)

BLAASINFEKSIE (Sien ook Prostaatprobleme)

• Lennon se Balsem Kopiva of Haarlemensis of Bruindulsies vir geringe nier en blaas probleme
• Drink 4 tot 5 glase water ’n dag
• 1 teelepel Heuning met 2 eetlepels kaneelpoeier in louwarm water soggens en saans – dit vernietig kieme in die blaas.
• Suurlemoensap in louwarm water elke oggend en aand
• Smeer ongegeurde jogurt op branderige aangetaste deel

BLASE

• Smeer suurlemoen op
• Moet nie stukkend steek nie

BLOEDARMOEDE

• Eet Rooi voedselsoorte: Rooi appels, Tamaties, Pomelo’s, Waatlemoen
• Drink Lennon se Witdulsies – dit help ook met duiseligheid of Lennon se Staaldruppels (yster) teen bloedarmoede
• Drink ysterpille of eet vleis, groen blaargroentes, eiers, bloubessies, olierige vis, neute, lensies
• Eet baie vleis

BLOEDING

• Sit Lennon se staaldruppels op of suiker of peper of borrie op – antisepties en stop die bloeding
• As dit aanhou bloei beteken dit die bloed stol nie – gaan Dr. toe en kry bloedtelling – moet 150-400 wees.

BLOEDDRUK

• Eet rou uie om dit laer te maak

BLOEDSOMLOOP – SWAK

• MOENIE ROOK NIE !
• Omega 9 kapsules
• Skrop jou hele lyf liggies met seep en suiker of sout om goeie sirkulasie aan te help
• Drink Foliensuur tablette elke dag
• ½ teelepel rooipeper gemeng met ½ teelepel mosterd in louwarm water 2-3 x per dag
• Duur pille – Vascafem (werk uitstekend)
• Drink knoffel om bloed te reinig

BLOEDKLONTE

• Eet swartpeper en mosterdsaad, borrie, naeltjies, rooirissies en gemmer
• HOU OP ROOK !
• Drink 'n bietjie kaneel in louwarm water - dit verdun bloed

BLOU KOLLE

Indien jy vinnig blou kolle kry: ’n Vit C tekort – eet meer lemoene/ Kiwi’s (1 Kiwi is gelykstaande aan 8 lemoene)

BORSTE – HELP TEEN KANKER – voorkomend

• Meer as 3 glase alkohol per dag kan jou kanse om borskanker te kry met 30% verhoog
• Eet BAIE tamaties of tamatiesous
• Sit 1 eetlepel borrie in ’n 2 liter bottel water in yskas en drink elke dag daarvan
• Eet 4 blokkies donker sjokolade elke dag
• Eet soja, spinasie, blaarslaai, kool, pruimedante, neute en sade en sampioene
• Smeer Gousblom aan 3 x per dag – drink dit ook as tee
• Vir knop in bors – smeer Schweden Bitter (Sweedse bitters), volle sterkte op bors en drink 3 x per dag mondeliks
• Ek het eers ’n warmwatersak teen die knop gehou en dan ’n yskoue
kompressie maar ek het vermoed dis net ’n verstopte limfklier en dit het gewerk – knop het verdwyn (gebruik op eie risiko)

BOSLUISBYT

• Moet nie aftrek nie!!! Smeer vaseline dik aan buitekant – hy versmoor en trek self koppie uit
• Smeer terpentyn aan tot hy self afval of steek vuurhoutjie aan, blaas dood en druk branddeel teen bosluis se lyf – hy sal kop uittrek
• Was na die tyd met warm water en seep af

BRANDWONDE (strykyster, stoof ens.)

• Sit dadelik in ys-yskoue water en hou daar totdat dit nie meer so erg pyn het nie. Hou so aan totdat pyn bedaar. Sit dan skoon doek oor en gaan dokter toe as dit baie erg is.
• Klein brandplek – sit tandepasta op
• Bo-op ’n blaas – borasic poeier – dit trek die vog uit die blaas
• Smeer die sap van aalwynblare aan, sal voorkom dat blase vorm
            
BUIKSWELLING

Dis gewoonlik net ’n wind wat vassit of jy hou water terug (sien wateretensie)
• Lennon se Peppermintdruppels, Wonderkroonessens of Jamaika Gemmer
• Om dit te voorkom, drink ’n glas louwarm appelasyn in water ‘n ½ uur voor ete of eet baie jogurt
• Spinasie, blaarslaai en komkommer maar VERMY KOOL

BYSTEEK

• Indien allergies – DADELIK dokter toe tensy jy jou medisyne by jou het
• Skraap angel uit – MOENIE uittrek nie - Sit engelse sout-oplossing op watte op steekwond – bedek met pleister (‘n Pasta van Koeksoda werk ook goed)

No comments:

Post a Comment