WAARSKUWING:

WAARSKUWING: Moet ASSEBLIEF nie die rate gebruik alvorens jy dit met 'n dokter of ten minste 'n apteker bespreek het nie. Party van die konkoksies kan onder sekere mediese omstandighede gevaarlik wees!!

Julle kan nou ook jul eie bydraes plaas onder LESERS BYDRAES.
LET WEL: Alle bydraes in Afrikaans, asseblief!

Monday, July 11, 2011

L

LAE BLOEDDRUK

• Eet licorice, suurlemoen met sout, rou beet gerasper, drink milkstout bier, Lennon se Witdulsies

LANGER LEWE

• Groen tee

LEWERONTSTEKING
• Eet licorice, 1 eetlepel Engelse sout in water, 1 Suurlemoen in louwarm water op nugter maag, eet 2 teelepel olyfolie en ½ teelepel Rooipeper in louwarm water 2-3 keer ‘n dag

LEWER

• Eet meer broccoli, blomkool en kool – dit stimuleer die lewer (mense wat baie drink kan dit probeer)
• Eet pomelo’s – die maak die lewer skoon, seldery en aspersies – dis ’n lewertonikum en licorice

LIDDORINGS

• Kry pleisters met gatjie in die middel – koop Krokasalf en smeer dik op aangetaste deel – sit pleistertjie op en maak toe met gewone pleister – los oornag. Die gedeelte sal heeltemal dood wees – krap nou mooi gelyk met skerp messie. Indien nog steeds seer – herhaal proses. (My skoonpa se probleme is op ’n einde) MOET NIE GEBRUIK AS JY ’N DIABEET IS NIE LIMFKLIERE SKOONHOU
• Drink ’n halwe suurlemoen in louwarm water 3 x per dag

LIPPE

• Afskilfer – sit petroleumjellie aan en borsel saggies met ou tandeborsel

LONGKWALE

• Eet baie appels, uie, tee, broccoli, druiwe, cocoa, vis, skorsies, tamaties, pomelo’s (versterk asemhalingsorgane) en licorice
• Drink rooiwyn (slegs 1 ’n dag) of rooi druiwesap

LUSTELOOSHEID

• Eet Rooi voedselsoorte: Rooi appels, Tamaties, Pomelo’s, Waatlemoen
• Eet aspersies, bananas vir energie
• Drink groen tee
• Vryf oorlobbe


LIPPE

• Lippe wat afdop – smeer vaseline aan en skrop liggies met tandeborsel
• Seer, stukkende lippe – cranberry lip balsem, of mens kry by PEP 'n klein blikkie "Green Muti"


No comments:

Post a Comment