MAAGKWALE
• Eet piesangs
• Vat sewe heel swartkorrels (peper). Drink 1ste dag 3, 2de dag 4 ens. tot 7 klaar is. Los vir ’n week en begin weer.
• Sluk 1 rou eier elke oggend op leë maag – kan in melk gedrink word met vanielje geursel
• Eet licorice en drink komkommersap
MAAGKRAMPE
• 1 x 2 liter water gemeng met 2 eetlepel Heuning met 1 eetlepel kaneelpoeier, sit in yskas en drink gereeld - genees maagpyn en maagswere en winde
• 1 x 2 liter water gemeng met 1 eetlepel gemmer, sit in yskas en drink gereeld
• Pietersielie by geregte (maagkrampe en slegte spysvertering)
• Gewoonlik werk dit as jy toilet toe gaan en sit tot dinge gebeur.
• Lennon se Wonderkroonessens (Uitstekend), Balsem Vita Wit,
Peppermintdruppels
MAAGSERE
• Neem klein blikkie Samboksalf en deel in 4 dele – rol in bolletjies en rol in versiersuiker – sluk elke oggend op nugter maag en as dit baie erg is voor slapenstyd weer
• Drink 3 druppels Fryers Balsem of staaldruppels op 1 teelepel suiker
• Jogurt 2-3 x per dag vir ’n paar weke lank
• Eet baie piesangs, pomelo’s, licorice en drink komkommersap of eet
komkommers
• 1 x 2 liter water gemeng met 2 eetlepels heuning en 1 eetlepel kaneel, sit in yskas en drink gereeld - genees maagpyn en maagswere
• Drink elke dag ’n rou eier geklits (dit gee ’n voering in die maag) – kan met melk drink ens
• Drink ‘n ½ suurlemoen in louwarmwater 10 minute na etes
• Maagsweer wat bloei – Neem 30 violet blaartjies (nie African violets nie), kook in 450 ml water, laat afkoel, dreineer en hou in bottel in yskas en drink 2 teelepels vol elke oggend (kan dit nie bevestig nie – jammer)
• Drink gereeld Bosbessie sap (Cranberry juice)
MAANDSTONDES
• Neem ysterpille of (eet baie vleis, groen blaargroentes, eiers, bloubessies, olierige vis, neute, lensies) en Vit C (lemoene, suurlemoene, kiwi’s, pomelo’s) in
MALARIA
• Nie 1 pil is 100% doeltreffend nie
• Slaap onder muskietnette wat met insekdoder behandel is
• Hou kinders skemer binne
• Dra langmouhemde en broeke, sokkies en skoene van na skemer af
• Smeer insekwerende middels aan lyf wat uitsteek
• Gaasnette voor deure en vensters
• Waaier of lugreëling
• Brand spirale ens.
• Kinders onder 5 en swanger vroue moet liefs nie sulke areas besoek nie
• Gooi bloekomblare in vuur – hou muskiete weg
MANGELONTSTEKING
• Meng rooipoeier (NIE rooipeper nie) met aluinpoeier maak fyn en smeer aan mangels 3 x per dag
MASELS (Aansteeklik)
Simptome: Nies, loopneus, oë water, gevoelig vir helder lig, koors, hees, droë hoes – hou stil in donkerkamer – bevogtig die lug om hoes te verlig
• Meng suurlemoen met heuning in warm water en gee om te drink
MELKKOORS
• Pak koue koolblare op en hou dit in die bra en slaap daarmee – dit stink, ja!
MENOPOUSE
• Gebruik die kruid Swart slangwortel (black cohosh) (Apteek of
gesondheidswinkel)
• Eet licorice, Soja, Magnesium, Kalsium en drink heuningbostee
MIDDELOORONTSTEKING
• Maak knoffel fyn en sit binne-in wattetjie – sit in oor
• 3 Druppels louwarm oordruppels, Lê met oor op warmwatersak
MIGRAINE
• Drink magnesiumpille en ’n kwart teelepel gemmer in water elke 2 ure (Groenblaargroentes, sonneblom en pampoensaad, melk, all bran, bakbone, pasta en lensies)
• Gebruik die kruie “Koorskruid” of koorskruidtinktuur – dit verlig pyn,
naarheid, braking en ligsensitiwiteit
• Meng ’n bietjie mosterd en asyn en sit dit tussen twee lappies en plaas dit op voorkop.
• Drink baie water
MOEG EN BEDRUK
• As jy konstant moeg is, laat jou toets vir klierkoors, anemie, diabetes, onderaktiewe tiroïed
• Kan wees van ’n onderaktiewe skildklier – jou vel is vaal, droog en voel koud, jou arms en bene swel, jou spiere pyn en jy voel depressief
• Of dit kan wees omdat jy aan bloedarmoede ly – neem Lennon se
Staaldruppels of ysterpille of hoenderlewer of eet vleis, groen blaargroente, neute, olierige vis
• Jy het dalk Rumatoiede Artritis (sien rumatiek en Artritis)
• Drink ‘n Sjokolade melk skommel of drankie
• 1 Hardgekookte eier eet
• Eet pomelo’s, lemoene, suurlemoene, kiwi’s, 1 hardgekookte eier, aartappels en rys, mielies en piesangs
MONDSERE
• Krake, sere in die hoekies ( Eet avokadopere of suurlemoen skyfie)
Jy kort Vit 12 (riboflavin)
No comments:
Post a Comment