WATERPOKKIES (Aansteeklik)
Rooi kolletjies, dan puisies, blasies en rofies - Geringe koors, koue, pyn in rug en bene. Vomering en erge jeuk. Hou hande en naels skoon – moet nie krap!!!!!
• Lyfspons met sterk Koeksoda oplossing – nie bad nie
• Smeer olyfolie op vel
WATERRETENSIE
• Eet baie komkommer, blaarslaai ,spinasie, pietersielie en piesangs
WINTERSHANDE EN VOETE
• Drink halwe teelepel Cayenne peper in louwarm water elke oggend
• Smeer Lennon se Witdulsies aan
• As jy op ’n plaas bly en jy kan nie by die apteek uitkom nie, gebruik speensalf op aangetaste dele
• Week voete in mengsel van 1 eier, 1 koppie melk, en halwe suurlemoen en week. Versag
• Smeer Traxa salf op
• As dit wit geryp is gaan loop met jou voete daarin en smeer jou hande daarin – jy sal nooit weer wintershande kry nie
WINDE
• ’n Knippie bakpoeier in glas water
WONDE
• Genees wonde met heuning
• Rou wonde: Smeer sambok salf op
WURMS
• Eet vir 3 dae net gerasperde wortels
• Lintwurm – eet vir 1 hele dag niks - week 10 pampoenpitte in brandewyn en eet
• Ander wurms – rou knoffelhuisies
• Suurlemoen in heuning\pomelo-pitte
No comments:
Post a Comment