GAL/BLAAS
• ½ Suurlemoen in glas louwarm water op leë maag elke oggend
• Drink 8 Glase water
• Koop “Bilbon” by apteek – werk soos ’n bom
• Neem 3 eetlepel olyfolie saam met suurlemoensap oggend en saans
• Vermy suiker en kos wat suiker bevat
GEHEUE
(Sien Alzheimers)
GEÏRRITEERD
• Kry magnesium in (groen blaargroentes, Avo’s, pampoen, sonneblomsade, melk, all bran, pasta ens.)
GESIG LAM EN SIEN LIGFLITSE
• Teken van beroerte – behandel soos onder Beroertes (KIA – tydelike
breinaanvalle)
GEVAARLIKE CHEMIKALIEË
• Sigaretrook, Harde margarien in winkelkoekies en pasteie, Nywerheidsgasse soos dioksied, Akrielamied – gebraaide aartappelskyfies, koffie, brosbrood en sigaretrook, Asbeshuise, Plastiek bababottels en kleefplastiek in die mikrogolfoond
GEWASSE
• Rooiwyn kan gewasse en ontsteking teenwerk asook sampioene
GEWRIGSPYNE (Sien artritis)
GEWIGSVERLIES
• Drink groen tee – goed vir die metabolisme
• Eet pers voedselsoorte: Braambessies, Pruime, Rooi druiwe, Rosyntjies, Beet en Rooikool
• Eet groen kosse om gewig te verloor: Groen appels, Lemmetjies, Kiwivrug, Kool, Spinasie, Blaarslaai, Seldery, Komkommers, Broccoli, Aspersies, avokado’s, druiwe, ertjies, groenboontjies, pere
• Eet rooi en groen appels, Tamaties, Pomelo’s, Waatlemoen, Eet lensies, patat en appels
• Eet selderysop voor etes – dis ’n eetlusdemper
• Rissies, salsa, gemmer en mosterd kan jou metabolisme versnel en kalorieë vinniger verbrand
• Ruik aan vanielje geursel as jy lus is vir iets soets
• Drink vrugte of groenteskommels
• Brandrissies vertraag die groei van vette – een teelepel brandrissies ’n dag sal help met gewig verloor
• Dieet met proteïene hou jou langer versadig
GRIEP
• Smeer bad se rand met Vicks, maak vol warm water, hou badkamer deur toe sodat dit kan stoom. Vryf dan Vicks op bors, rug en onder voete – klim in.
Terwyl in bad, drink 4 disprins OF MedLemon as jy het.
• Trek warm aan – klim in bed en rus
• Voorkomend: Drink 2-3 knoffelhuisies per dag
GOUT/JIG
• Koop onverdunde Swartkersiesap – verdun 50% met water in 1 of 2 liter
bottel en drink 3-4 x per dag – genees amper heeltemal
• Eet baie komkommers of drink baie komkommersap en drink ook baie water
• Uriensuur hoop op in die liggaam dus moet jy dit suiwer – koop Dr. Auer’s se Base powder
• VERMY: vleis- bees en skaap, orgaanvleis - brein, lewer, niertjies en soetvleis, Vis-sardientjies, haring, makriel, mossels, kreef, kaviaar, sitrusvrugte, piesangs, tamaties, spinasie, sampioene, peule, blomkool, ryk vetterige kos, kragsop, vleisdrupsels, souse en vleisaftreksels, bier en brood asook soetgoed wat gis bevat
• 1 Suurlemoen in louwarmwater op nugter maag elke dag
• Sit ½ teelepel Engelse sout op tong en sluk af met water as jy pyn verduur
• 1 x 2 liter water met 1 eetlepel Gemmer en ½ teelepel Rooipeper, skud goed, sit in yskas en drink 3 x per dag
• Eet Pietersielie
• Koop Horse Liniment by die apteek en vryf aangetaste gedeelte gereeld
• Sit koolblare op, vervang twee x per dag vir omtrent ‘n week lank.
• Ander raad: Koop Oorspronklike Schweden bitter en drink gereeld met water
No comments:
Post a Comment