WAARSKUWING:

WAARSKUWING: Moet ASSEBLIEF nie die rate gebruik alvorens jy dit met 'n dokter of ten minste 'n apteker bespreek het nie. Party van die konkoksies kan onder sekere mediese omstandighede gevaarlik wees!!

Julle kan nou ook jul eie bydraes plaas onder LESERS BYDRAES.
LET WEL: Alle bydraes in Afrikaans, asseblief!

Monday, July 11, 2011

I

INGROEI-TOONNAELS

• Koop Krokasalf en gatjie-pleister. Smeer salf aan probleem toonnael, sit pleistertjie oor met gewone pleister bo-oor dit. Hou oornag aan. As area dood is – vat skerp messie en krap die oorgroei vel af, sny die toonnael reguit en laat staan. Herhaal elke keer as dit pynlik word. MOET NIE GEBRUIK AS JY ’N DIABEET IS NIE

IMMUNITEIT OPBOU

• Eet baie knoffel, yster (vleis, groen blaargroentes, eiers, bloubessies, olierige vis, neute, lensies), Haring (Oesters, rooivleis, hoender, pampoensade, minder tee en koffie), Vit B12, Jogurt en baie vleis

INFEKSIES

• Drink daagliks heuning in tee, of in water – heuning kan jou van binne en buite genees – dit vernietig bakterieë

INFLAMMASIE

• Omega 3, 6 en 9 kapsules (baie belangrik)
• Drink 3 heel huisies per dag (anti-fungi, antisepties en antibiotika) – pasop vir verstik
• Sit warm kompressie op plek, hou daar vir 10 minute – vervang onmiddelik met ys-yskoue kompressie – Herhaal weer na ’n uur of wat totdat dit beter voel
• 1 x 2 liter water met 1 eetlepel borrie in, sit in yskas en drink op leë maag elke oggend.
• Eet rou uie

INSEKBYTE

• Pypolie opsit, Gooi koeksoda in water gemeng of suurlemoensap op (dit sal bietjie brand), Smeer met rou ui, Smeer sitronella olie aan
• Brand sitronella kerse
• Drink ’n heel knoffelhuisie of drink "tonic" water voor jy uitgaan in so ‘n gebied?

No comments:

Post a Comment