WAARSKUWING:

WAARSKUWING: Moet ASSEBLIEF nie die rate gebruik alvorens jy dit met 'n dokter of ten minste 'n apteker bespreek het nie. Party van die konkoksies kan onder sekere mediese omstandighede gevaarlik wees!!

Julle kan nou ook jul eie bydraes plaas onder LESERS BYDRAES.
LET WEL: Alle bydraes in Afrikaans, asseblief!

Monday, July 11, 2011

N

NAARHEID

• Drink ’n teelepel suurlemoensap

NAELS

• Geel: Suurlemoen op watte op naels
• Wit kolle: Ring (Oesters, rooivleis, hoender, pampoensade, te veel tee en koffie kan sink moeilik opneem)
• Bros: Magnesium tekort (Groenblaargroentes, sonneblom en pampoensaad, melk, all bran, bakbone, pasta en lensies)
• Tuinnaels: Druk naels in ’n koekie seep sodat dit onder die naels vul – geen vullis in
• Papiersnye: Sit onderlaag op

• Geel naels – borsel met ou tandeborsel of druk suurlemoensap op watte en vryf oor naels
• Tuinnaels – druk naels in koekie seep sodat dit keer dat vullis daar inkom


NAGSWEET

• 1 x 2 liter bottel water met 1 eetlepel borrie in (Neem 3 x per dag) – dit voorkom sweet
• Drink ½ teelepel rooipeper in warm water voor slapenstyd
• Drink Vital se Kelp pille

NAGMERRIES

• Sit soetruikende blomme in die kamer, drink kamilletee voor slapenstyd en moenie na skop-skiet en donder movies kyk nie – eerder romanse ens.

NEKPROBLEME

• Smeer stywe nek met  perdesalf (Horse Liniment by apteke te kry)

NEUSBLOEI

• Sit koue kompressie op neus en hou kop agteroor of Knyp neus toe, neem Lennon se staaldruppels vir yster tekort en Vicks op neus vir moontlike allergieë

NIER-/PYP ONTSTEKING

• Sluk 4-6 heel knoffelhuisies per dag – pasop vir verstik
• Drink 1 suurlemoen in glas louwarm water elke oggend op nugter maag
• Baie water drink en eet pietersielie, pomelo’s en aspersies

NIERSTENE

• Eet rou radyse op nugter maag
• Drink 6-8 glase water per dag en 4-6 heel knoffelhuisies per dag – pasop vir verstik
• Drink 1 suurlemoen in glas louwarm water op nugter maag elke oggend 4
• Lennon se Haarlemensis, Balsem Kopiva en Balsem Sulphiris gemeng – drink 1 teelepel daarvan elke oggend en aand.



No comments:

Post a Comment