WAARSKUWING:

WAARSKUWING: Moet ASSEBLIEF nie die rate gebruik alvorens jy dit met 'n dokter of ten minste 'n apteker bespreek het nie. Party van die konkoksies kan onder sekere mediese omstandighede gevaarlik wees!!

Julle kan nou ook jul eie bydraes plaas onder LESERS BYDRAES.
LET WEL: Alle bydraes in Afrikaans, asseblief!

Monday, July 11, 2011

O

ONTSTEKING
• Rooiwyn of rooi druiwesap kan gewasse en ontsteking teenwerk

ONVRUGBAARHEID

• VERMY KOFFIE!, Hou op rook!, ONTSPAN, Eet minder proteïene, Drink minder en Gebruik liewers organiese kos en Eet Geel voedselsoorte: Appelkose, Spanspek, pomelo, Lemoene, Suurlemoene, Mango’s, Papajas, Perskes, Pynappels, Wortels, Pampoen, Botterskorsies, Suikermielies, nartjies en geelpepers

OOGPROBLEME (VOORKOMEND)

• Vit A en C is belangrik teen katarakte en gloukoom (Neute, salm, tuna ens. Omega 3 en 6 olies)
• Eet bloubosbessies of neem bloubosbessie-ekstrak
• Rooi/tranerige oë – eet lewer, mout-ekstrak, vars melk en eiers (Vit B te kort)
• SIG: Eet Groen voedselsoorte – Groen appels, Lemmetjies, Kiwivrug, Kool, Spinasie, Blaarslaai, Seldery, Komkommers, Broccoli, Aspersies
• Gebruik altyd ’n sonbril in die buitelug – veral teen UV strale en weerkaatsing wat 80% UV strale bevat – vensters, beton en water
• Hou op rook
• Diabete kan gloukoom kry
• Moeë oë – minder op rekenaar werk of TV kyk en eet groenblaargroente, soja, knoffel, uie, bloubessies, druiwe en Neute (Vit A, B2, C en E)

OOG – INFLAMMASIE

• Sit ’n koue kompressie oor oë vir so 10 minute

OOG – VOORWERP IN (Stof ens)

• Gooi melk of oogdruppels in en kyk of dit help
• Trek boonste lid oor onderste lid
• Hou jou oë toe (Nou kyk ver boontoe, ver links, ver na onder, ver na regs en vorentoe. Maak oop jou oë – hopelik help dit.

OORWAS

• 1 teelepel warmgemaakte amandelolie in oor – lê oor op kussing met
beskermingslappie op
• Daarna drup knoffelolie in oor en slaap met wattetjie in oor – herhaal tot oor reg is

OOR – INSEK IN OOR

• Hou lig voor oor – insek kan dalk uitkruip
• Gooi bietjie kookolie in oor – insek sal versmoor
• Spoel met louwater uit – gebruik spuitnaald

OOR – HARDE VOORWERP IN

• Draai oor na onder en trek oorlel in verskeie rigtings – dalk val item uit
• Indien nie – sit gom op vuurhoutjie – trek oorlel op en agtertoe – steek versigtig in tot op item – wag tot gom bietjie droog – trek versigtig uit

OORPYN

• Maak halwe ui in mikrogolf warm en sit lappie oor en hou teen oor – gaan lê met oor op kussing wat ’n lappie oorhet om oorwaks te keer
• Druk kwart knoffelhuisie fyn, sit in stukkie watte en druk in oor.
• Druppels van louwarm knoffelsap of uiesap kan ook in die oor gegooi word – fyn stukkies moet nie saam in oor in nie
• Drink bietjie rooipeper in warm water om binnekant te red

OSTEOPOROSE

• Kry kalsium en magnesium in (melk, kaas en room)

OUTISME

• Koop en gebruik Zinplex Magneplex (Magnesium)



OUDERDOMSVLEKE EN MERKE

• Sit gereeld Appelasyn op en los oornag
• Vat ’n halwe suurlemoen en 1 teelepel suiker en vryf oor die vlekke
• Op elmboë – sny suurlemoen in helfte en sit elmboë om elkeen vir 10 minute lank

No comments:

Post a Comment