PAMPOENTJIES (Aansteeklik)
Speekselklier opgeswel, koue, hoofpyn, verlies aan eetlus, pyn in nekkliere, geslagsdele pynlik
• Sit hitte of koue kompressies op
• Geen vleis of vetterige kos nie.
• Vars groente en vrugte
• Sluk 2-3 knoffelhuisies per dag maar sny dit in klein stukkies
PITSWERE
• Maak xxx minte nat en sit daarop en verbind – herhaal 2-3 dae
PLEISTERS AFHAAL
• Gooi baba olie op en trek dan af
PMS
• PMS en seer borste - eet aspersies
• Neem elke dag ’n Multivitamien wat Vit B6, B Kompleks, Magnesium, kalsium, Vit B6, E en Vit C bevat
• Evening Primrose Oil kapsules
• Silwerkersie (Cimicifuga racemosa) Verlig spanning, krampe, waterretensie en buierigheid
• Ligte oefeninge – probeer ontspan
• Eet baie pasta en hou op koffie drink in daardie tyd
• Drink baie water en groen tee
• Neem ’n warm bad en drink pynpille
PROSTAAT-PROBLEME/KANKER
• Eet een porsie waatlemoen of pienk pomelo ’n dag asook rooikool en tamaties
• Gooi al 3 saam: Lennon se Haarlemensis, Balsem Kopiva en Balsem Sulphirus en neem 1 teelepel elke oggend en aand.
PSORIASE
• 1 Botteltjie gliserien, 1 botteltjie pers spiritis en 1 botteltjie gewone
koeimelk – smeer op en laat staan oornag
POFFERIGE VEL
• Eet aspersies
PUISIES
• Rou puisie – sit dadelik tandepasta op – dit sal verdwyn
• Sit ’n bietjie appelasyn vir oornag op of rou uie
• Spons gesig met verdunde suurlemoensap
No comments:
Post a Comment